Kaamiela Adams
Hoof ToesighouerHallo, my naam is Kaamiela Adams. Ek is gebore in Stellenbosch en het grootgeword in Cloetesville. Ek is die enigste dogter in 'n gesin van vyf. Ek het my skoolopleiding by Lückhoff Hoërskool voltooi en daarna Vroeë Kinderontwikkeling by Boland Kollege gestudeer.
Ek gee baie om vir kinders, en daarom het ek besluit om my verder te kwalifiseer om hulle beter te kan help en ondersteun. Ek is getroud en het twee pragtige dogters. In my vrye tyd lees ek graag en gaan ek fliek.
Natasha Daniels
AssistentNatasha is 'n omgee-persoon wat trots is op die rol wat sy in kinders se vroeë jare speel. Sy geniet dit om hulle te sien ontwikkel, leer en hul persoonlikhede uitleef.
Sophia Williams
AssistentSophia is 'n sagte en toegewyde persoon wat kinders met sorg benader. Sy geniet dit om hulle te ondersteun en deur hul daaglikse roetine te help.
