Vlindertjies Klas Banner
René Paulse

René Paulse

Hoof Toesighouer

Hallo, my naam is René Paulse. Ek het gematrikuleer aan Lückhoff Senior Sekondêr in Stellenbosch en daarna ’n sekretariële kursus voltooi by JCT. In 2020 het ek my Educare-diploma verwerf by Northlink Kollege.

Ek is getroud, het twee pragtige dogters en woon in Cloetesville. Ek is baie betrokke by my kerk en glo met my hele hart dat kinders ’n gawe van God is. My doelwit is om altyd my beste vir Kabouterland se kinders te gee. Ek wil graag aanhou om te groei as ’n versorger vir ons babas en is opreg dankbaar dat ek ’n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe.

“Ek kan alles doen deur Christus wat my die krag gee.” – Filippense 4:13
Mikayla Arnolds

Mikayla Arnolds

Assistent

Mikayla het 'n baie sagte, geduldige benadering tot ons babatjies. Sy geniet elke oomblik daarvan om na hul behoeftes om te sien en hulle met baie warmte te ondersteun.

Razelle Manuel

Razelle Manuel

Assistent

Razelle is 'n baie sorgsame en geduldige staatmaker in die klas. Sy neem elke baba se unieke roetine in ag om 'n kalm en geborge ruimte te verseker.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang & vryspel
07:30Pappies
08:30Bybelstorie & liedjies
08:45Bottel & oggendslapie
09:45Opstaan & doekies ruil
10:15Oggendkring
10:30Oggend aktiwiteit
11:00Vryspel
11:30Middagete
12:00Bottel & slaap
14:00Opstaan & bottel
14:15Doekies & gesiggies was
14:30Middag aktiwiteit
15:00Poeding
15:30Vryspel
16:00Musiek aktiwiteit
16:30Middagslapie
16:45Opstaan & doekies ruil
17:30Maatjies gaan huis toe

🎒 Benodigdhede (alles gemerk)

  • 1x Pak doeke
  • 1x Boudesalf
  • 2x Wipes
  • 1x Warm kombers / winter slaapsak
  • 1x Receiver blanket / somer slaapsak
  • 1x Kussing (opsioneel)
  • 1x Beddegoed sak
  • 2x Waslappe
  • 2x Ekstra sokkies
  • 2x Ekstra klere (warm en koud)
  • 3/4 Bottels melk
💊 Medisyne houer (Roomysbak):
• Koors stroop (Panado/Calpol)
• Buscopan stroop
• Sonskerm
• Ekstra troosie (bv. dummy)
• Watte / kapok
• Medisyne spuit
• Vicks / zambuk
• Dettol
Scroll to Top