Liewe ouers,
Ons sluit die tweede kwartaal op ‘n nat en koue, maar dankbare noot af. Elke kabouter kry vandag ‘n volledige evalueringsverslag wat julle ‘n goeie idee behoort te gee van hoe dit met u kind gaan in die klas en wat hulle al tot dusver geleer het. Ons is ongelooflik trots op dit wat die kinders sedert die begin van die jaar vermag het. Indien julle enige vrae het rakende die verslae, maak gerus ‘n afspraak met u kind se onderwyseres. Ons het vir die volgende 3 weke vakansie, dus gaan die kleinspan nie ‘n formele oggendprogram volg nie. Hulle sal egter steeds besig gehou word met speel-speel aktiwiteite en sal voortgaan met oggendkring en storietyd om die struktuur van die klassies in plek te hou.
Ons het hierdie kwartaal die “off the grid” gegaan met die fondse wat ingesamel is by die kermis. Dit maak ‘n groot verskil aan die verloop van die dag by die skool. Weer eens baie dankie aan almal wat ons ondersteun het by die jaarlikse Kermis aan die einde van die eerste kwartaal. Dankie ook aan elkeen wat sover die onderskeie klassies ondersteun het met hulle klasfondsinsameling-projekte. Julle bydraes en entoesiasme (veral met die sopverkope) hierrondom word opreg waardeer; sodoende kry die onderwyseresse die geleentheid om nuwe, interessante speelgoed vir hul klassies te koop. Ons wil net weer beklemtoon dat die bydraes tot die klasse se fondsinsamelings geheel en al vrywillig is.
Baie dankie aan al die onderwyseresse vir hul moeite om elke mamma en pappa spesiaal te laat voel op Moeders- en Vadersdag, deur ietsie spesiaals te maak van hul kabouter af. Die kinders het omtrent hard gewerk deur die kwartaal met lekker temas soos: Herfs, Paasfees,Boeke en biblioteek, tuinbesoeker en Op die plaas…..moenie die heerlike plaasontbyt vergeet nie!! ‘n Ekstra spesiale dankie gaan aan tannie Vasthi wat elke week se Slim Kabouter klassie soveel pret maak! Dankie ook aan tannie Lisa vir al haar entoesiasme met die aanbieding van die Xhosa lessies. Ons waardeer julle esktra moeite opreg en weet dat die kinders ‘n fees het tydens julle lessies.
Ons begin eersdaags met ons Mandeladag-projek. Hierdie jaar is die fokus op ons 4-voetige vriende by Stellenbosch DBV. Hulle groot behoefte is kontant, sagte kos vir honde / katte, komberse, ou handdoeke, speelgoed vir die diere of enige iets anders waaraan julle kan dink. Meer inligting hieroor volg binnekort.
Wat beplan ons in die derde kwartaal?
Ons skop die derde kwartaal af met ons jaarlikse Kunsuitstalling. Vir diegene wat nog nie kans gehad het om die geleentheid by te woon nie, almal word genooi om deur al die klasse te stap en die kinders se kunswerke te bewonder. ‘n Spesiale item, wat op die aand te koop is, word ook gemaak. Tannie Christa se legendariese groentesop en broodjies word as verversings op die aand aangebied.
Ons gaan Lentedag weer behoorlik vier met blommerangskikkings en fraai uitrustings.
Daar wag ook ‘n hele klompie opwindende temas in die derde kwartaal. Die weeklikse beplannings word vir julle op Child Cloud onder “documents” geplaas. Indien julle sukkel om dit te vind, kom vra gerus by die kantoor.
Ons beplan om die Kabouterland busdiens vanaf 1 Julie van stapel te stuur. Daar word beoog om ouers te akkommodeer deur die kinders tuis op of af te laai. Ons is tans in die finale fase van beplanning rondom dit en was reeds in aanraking met die ouers wat aandgedui het dat hulle belangstel. Die bedrag vir slegs op- OF aflaai beloop R500 p/m per kind. Die bedrag vir op- EN aflaai beloop R750 p/m.
Die kinders sal tussen 06:15 en 06:40 opgelaai word (afhangend van waar hul bly).
Onthou ook van die ander dienste wat ons aanbied! Gaan loer gerus na ons “Online shop” op ons webwerf www.kabouterland.co.za, sowel as na die verskillende partytjie opsies wat aangebied word en natuurlik ook ons “Smaakboks”, die kosblikkies wat julle vooraf vir elke dag kan bestel.
Baie dankie aan almal wie hul skoolfooie getrou betaal. Onthou dat skoolfooie vooruitbetaalbaar is voor of op die 7de van elke maand vir daardie spesifieke maand. Onthou om u rekeningnommer te gebruik as verwysing (bv: LEG001). Ons wagklas is ook nou weer terug in werking vir diegene wat daarvan gebruik wil maak. Dit is beskikbaar vanaf 06:40 elke oggend @ R220 per maand, ongeag hoeveel keer u daarvan gebruik maak. Kom gesels gerus by die kantoor indien julle sou belangstel. Ons vra ook net weer dat julle asseblief sal hou by die gegewe skoolure, vanaf 07:00 in die oggend tot 17:30. (Halfdag kinders moet ook asseblief stiptelik opgetel word)
Daar is iets wat baie swaar op ons harte rus. Wanneer u, u kind skool toe bring of kom haal, maak hom / haar asseblief vas in ‘n karstoeltjie of indien u nie een het nie, ten minste met ‘n sitplekgordel. Ongelukke gebeur so vinnig en ons is seker julle wil nie hê jul kind moet iets oorkom nie. Kinders moet onder geen omstandighede los staan in ‘n motor of tussen die twee voorste sitplekke hang nie. Julle kinders se veiligheid is vir ons ‘n top prioriteit.
Vir dié van julle wat so ‘n bietjie wegbreek van die alledaagse gejaag tussen werk en skoolritte, geniet dit en kom veilig terug.
Vriendelike groete,
Kabouter Kantoor
Dear parents,
We end the second term on a wet and cold but grateful note. Today, each kabouter is given a full evaluation
report that should give you a good idea of how your child is doing in class and what they have learned so far. We are incredibly
proud of what the children have achieved since the beginning of the year. If you have any questions regarding the reports,
please make an appointment with your child’s teacher. We have @holiday@ for the next 3 weeks, so we are not following a
theme of the week but will continue with the daily routine of the class. They will be kept busy with play-play activities and will
continue with morning circuit and story time to keep the structure of the classes in place.
We went the “off the grid” this term with the funds raised at the bazaar. It makes a big difference to the course of the day at
school. Thank you again to everyone who supported us at the annual bazaar at the end of the first term. Thank you also to
everyone who has supported the respective classes with their class fundraising projects. Your contributions and enthusiasm
(especially with the soup sales) are greatly appreciated; in this way the teachers have the opportunity to buy new, interesting
toys for their classes. We just want to emphasize again that the contributions to the classes’ fundraisers are entirely voluntary.
Thank you to all the teachers for their efforts in making every mommy and daddy feel special on Mother’s and Father’s Day, by
making something special from their kabouter. The kids worked hard throughout the term with fun themes such as: Autumn,
Easter, Books and library, garden visitor and On the farm…..don’t forget the delicious farm breakfast!! An extra special thank
you goes to teacher Vasthi for making each week’s Clever Kabouter class so much fun! Thank you also to aunty Lisa for all her
enthusiasm while presenting the Xhosa lessons. We really appreciate your extra effort and know that the children have a lot of
fun during your lessons.
We will soon be starting on our Mandela Day project for 2023. This year the focus is on our 4-footed friends at Stellenbosch
SPCA. Their need is cash, soft food for dogs/cats, blankets, old towels, toys for the animals or anything else you can think of.
More information on this will follow shortly.
What do we plan in the third term?
• We kick off the third term with our annual Art Exhibition. For those who have not yet had a
chance to attend the event, everyone is invited to walk through all the classes and admire the
children’s artwork. A special item, which is on sale at night, is also made. Aunty Christa’s legendary
vegetable soup and sandwiches are offered as refreshments on the evening.
• We’re going to properly celebrate Spring Day again with floral arrangements and frilly outfits.
• There are also a lot of exciting themes waiting in the third term. The weekly planning is posted for you on Child Cloud
under documents. If you are struggling to find it, please come and ask at the office.
• We plan to launch the Kabouterland bus service from 1 July. It is to accommodate working parents by picking up or
dropping off the children at home. We are currently in the final phase of planning around this and have been in touch
with the parents who have indicated their interest. The amount for pick-up OR drop-off only is R500 p/m per
child. The amount for pick-up AND drop-off is R750 p/m.
The children will be picked up between 06:30 and 07:30 (depending on where they are staying).
• Also, remember about the other services we offer! Take a peek at the Online shop on our website
www.kabouterland.co.za, as well as the different party options on offer and of course our “Smaakboks”, the lunchboxes
that you can pre-order for each day.