Die Muise-maatjies vorm deel van twee klasse, Muise A en Muise B, met ’n effens aangepaste roetine in die middae. Tydens die middag gaan Tannie Alta na die Nasorg om by die ouer maatjies aan te sluit, terwyl Tannie Pruden, ons Xhosa-tannie, by Muise A aansluit en die maatjies in die middae ondersteun en versorg.
Gedurende skoolvakansies smelt Muise A en Muise B saam en vorm hulle een klas. Tannie Alta is dan voldag by die Nasorg, terwyl die Muise-maatjies saam in een klas speel, leer en die vakansie geniet.
Alta Swart
Hoof Toesighouer: Muise A
Ek is Alta Swart, gebore en getoë in die Paarl, waar ek gematrikuleer het aan die Hoër Meisieskool, Paarl. Ek is die jongste van drie kinders en het my Educare-kursus voltooi aan Tygerberg Kollege.
Ek is getroud en die trotse mamma van twee pragtige dogtertjies, Elizca en Juané.
Ek is al vir ‘n geruime tyd deel van die Kabouterland-familie, waar ek elke dag met oorgawe werk. Ek sien myself as 'n positiewe en gemotiveerde persoon, en ek is altyd bereid om ‘n hand te gee – jy kan enige tyd op my staatmaak!
“Lewe elke dag voluit, en gryp elke geleentheid in die lewe aan"
Bernine Kloppers
Hoof Toesighouer: Muise B
Ek is Bernine Kloppers en ek het grootgeword in die rustige dorpie Hopefield. Na skool het ek verder gaan studeer aan Tygerberg, en kort daarna het ek na Londen vertrek, waar ek vir drie jaar skoolgegee het.
Tydens my tyd oorsee het ek ook Grondslagfase-onderwys deur CAL College voltooi. Ná Londen het ek vir nog vyf jaar in Bangkok gewoon, waar ek skoolgegee het vir graad R-leerders – ’n ongelooflike ervaring wat my baie geleer het.
Terug in ons mooie Suid-Afrika het ek by verskeie skole ingespring en gehelp waar ek kon. Nou is ek baie opgewonde om deel te wees van die Kabouterland-span!
Ek is ’n baie aktiewe persoon en geniet verskeie sportsoorte. Daar is min dinge wat my meer vreugde gee as om saam met my hond en beste maat, Bentley, te gaan stap – dit is regtig sielskos vir my.
As dit by kos kom, hou ek van braaivleis, pasta, of enigiets wat lekker ‘spicy’ is!
“Die lewe is te kort, leef dit voluit"
Yolandé Crowley
Assistent: Muise A
Yolandé is ’n rustige en betroubare persoon met ’n liefde vir kinders. Sy help om ’n veilige en versorgde omgewing te skep waarin hulle kan groei.
Verinia Williams
Assistent: Muise B
Verinia is ’n vriendelike en rustige persoon wat graag met kinders werk. Sy is betrokke by die kinders se daaglikse versorging en ontwikkeling.
Kyla de Swardt
Hoof: Kleuters
kyla@kabouterland.co.za
076 152 0867
