René Paulse
Hoof ToesighouerHallo, my naam is René Paulse. Ek het gematrikuleer aan Lückhoff Senior Sekondêr in Stellenbosch en daarna ’n sekretariële kursus voltooi by JCT. In 2020 het ek my Educare-diploma verwerf by Northlink Kollege.
Ek is getroud, het twee pragtige dogters en woon in Cloetesville. Ek is baie betrokke by my kerk en glo met my hele hart dat kinders ’n gawe van God is. My doelwit is om altyd my beste vir Kabouterland se kinders te gee. Ek wil graag aanhou om te groei as ’n versorger vir ons babas en is opreg dankbaar dat ek ’n verskil kan maak in elke klein kaboutertjie se lewe.
Mikayla Arnolds
AssistentMikayla het 'n baie sagte, geduldige benadering tot ons babatjies. Sy geniet elke oomblik daarvan om na hul behoeftes om te sien en hulle met baie warmte te ondersteun.
Razelle Manuel
AssistentRazelle is 'n baie sorgsame en geduldige staatmaker in die klas. Sy neem elke baba se unieke roetine in ag om 'n kalm en geborge ruimte te verseker.
Katrina Krause (Hoof: Peuters)
📅 Dagroetine
🎒 Benodigdhede (alles gemerk)
- 1x Pak doeke
- 1x Boudesalf
- 2x Wipes
- 1x Warm kombers / winter slaapsak
- 1x Receiver blanket / somer slaapsak
- 1x Kussing (opsioneel)
- 1x Beddegoed sak
- 2x Waslappe
- 2x Ekstra sokkies
- 2x Ekstra klere (warm en koud)
- 3/4 Bottels melk
• Buscopan stroop
• Sonskerm
• Ekstra troosie (bv. dummy)
• Watte / kapok
• Medisyne spuit
• Vicks / zambuk
• Dettol
