Skilpadjies Klas Banner
Juffrou Amber

Amber Cornelisen

Hoof Toesighouer

Hallo! Ek is Amber Cornelisen. Ek is gebore en getoë in Stellenbosch. Ek het my N6-sertifikaat in Vroeë Kinderontwikkeling aan Boland Kollege voltooi. Hierdie is my negende jaar wat ek met kinders werk, en ek kan eerlik sê - ek geniet dit vreeslik baie!

Ek is mal oor die kleur beige en hou daarvan om in die natuur te stap vir vars lug en vrede. Ek sien uit daarna om elke dag 'n verskil te maak in die lewens van die klein kaboutertjies wat aan my toevertrou word.

“Dit kos 'n groot hart om klein gedagtes te vorm.”
Tannie Natasha

Natasha Layman

Assistent

Natasha geniet dit om saam met kinders te leer, speel en ontdek. Sy dra by tot 'n liefdevolle en ondersteunende klasomgewing.

Tannie Micaela

Micaela Sylvester

Assistent

Micaela het 'n rustige en vriendelike geaardheid wat kinders maklik op hul gemak laat voel. Sy ondersteun hulle met sorg en geduld.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang maatjies & vryspel
08:00Ontbyt
08:30Vryspel binne/buite
09:00Oggendkring
09:30Broodjies & bottel
09:45Doekies ruil
10:15Vryspel
10:30Kunswerkies / Storietyd
11:00Vryspel binne/buite
11:30Middagete
11:45Tandjies borsel & gesiggies was
12:00Middagslapie
14:00Opstaan & bottel (water/tee/sap)
14:30Doekies ruil & vryspel
15:00Poeding
15:30Middag aktiwiteit
16:00Vryspel binne/buite
16:45Doekies ruil en gesiggies was
17:30Maatjies gaan huis toe
Scroll to Top