Vissies Klas Banner
Angie Elbrink

Angie Elbrink

Hoof Toesighouer

Hallo, ek is Angie Elbrink. Ek is gebore en het grootgeword in Stellenbosch. Ek is die oudste van vier kinders en ek is getroud met twee pragtige kinders. My passie om met kinders te werk het al vroeg begin.

Ek het my skoolloopbaan by Hoërskool Stellenzicht voltooi en daarna 'n ECD-kursus by Boland Kollege. Ek werk al meer as tien jaar by Kabouterland, en ek voel dit is 'n voorreg om deel van hierdie familie te wees.

Vir my is 'n opvoeder 'n bietjie mamma, 'n bietjie verpleegster, en baie van 'n engel. Ek glo dat sonder God is alles tevergeefs. Ek wil graag altyd my beste gee vir elke kind en 'n liefdevolle omgewing skep waar hulle kan groei en floreer.

“Wees elke dag liefdevol en goedhartig. Daar is niks mooier as 'n hart vol omgee, liefde, hoop, blydskap, dankbaarheid, verdraagsamheid, nederigheid en sagmoedigheid nie”
Maurena Arnolds

Maurena Arnolds

Assistent

Maurena het 'n vriendelike geaardheid en werk graag met kinders. Sy geniet dit om deel te wees van hul daaglikse roetine en ontwikkeling.

Sanna Christians

Sanna Christians

Assistent

Sanna is 'n liefdevolle en toegewyde persoon wat dit baie geniet om met kinders te werk. Sy skep 'n warm en veilige omgewing waarin kinders gemaklik kan voel.

Katrina Krause (Hoof: Peuters)

katrina@kabouterland.co.za 076 815 4932

📅 Dagroetine

07:00Ontvang maatjies & vryspel
07:30Ontbyt
08:00Doeke ruil & bottel drink
08:45Bottel en oggendslapie
09:15Opstaan en doekies ruil
09:45Oggendkring
10:00Kreatiewe werkie
10:30Oggend aktiwiteit
11:00Vryspel binne/buite
11:30Middagete
12:00Bottel en slaap
14:00Opstaan
14:15Doekies ruil en gesiggies was
14:30Middag aktiwiteit
15:00Poeding
15:30Musiek aktiwiteit
16:00Vryspel binne/buite
16:45Doekies ruil en gesiggies was
17:30Maatjies gaan huis toe

🎒 Benodigdhede (alles gemerk)

  • 1x Pak doeke
  • 1x Boudesalf
  • 2x Wipes
  • 1x Warm kombers / winter slaapsak
  • 1x Receiver blanket / somer slaapsak
  • 1x Kussing
  • 1x Beddegoed sak
  • 2x Waslappe
  • 2x Ekstra sokkies
  • 2x Ekstra klere (warm en koud)
  • 1/2 bottels (melk/tee)
💊 Medisyne houer (Roomysbak):
• Koors stroop (Panado/Calpol)
• Buscopan stroop
• Sonskerm
• Ekstra troosie (bv dummy)
• Watte/kapok
• Medisyne spuit
• Vicks/zambuk
• Dettol
Scroll to Top