Angie Elbrink
Hoof ToesighouerHallo, ek is Angie Elbrink. Ek is gebore en het grootgeword in Stellenbosch. Ek is die oudste van vier kinders en ek is getroud met twee pragtige kinders. My passie om met kinders te werk het al vroeg begin.
Ek het my skoolloopbaan by Hoërskool Stellenzicht voltooi en daarna 'n ECD-kursus by Boland Kollege. Ek werk al meer as tien jaar by Kabouterland, en ek voel dit is 'n voorreg om deel van hierdie familie te wees.
Vir my is 'n opvoeder 'n bietjie mamma, 'n bietjie verpleegster, en baie van 'n engel. Ek glo dat sonder God is alles tevergeefs. Ek wil graag altyd my beste gee vir elke kind en 'n liefdevolle omgewing skep waar hulle kan groei en floreer.
Maurena Arnolds
AssistentMaurena het 'n vriendelike geaardheid en werk graag met kinders. Sy geniet dit om deel te wees van hul daaglikse roetine en ontwikkeling.
Sanna Christians
AssistentSanna is 'n liefdevolle en toegewyde persoon wat dit baie geniet om met kinders te werk. Sy skep 'n warm en veilige omgewing waarin kinders gemaklik kan voel.
Katrina Krause (Hoof: Peuters)
📅 Dagroetine
🎒 Benodigdhede (alles gemerk)
- 1x Pak doeke
- 1x Boudesalf
- 2x Wipes
- 1x Warm kombers / winter slaapsak
- 1x Receiver blanket / somer slaapsak
- 1x Kussing
- 1x Beddegoed sak
- 2x Waslappe
- 2x Ekstra sokkies
- 2x Ekstra klere (warm en koud)
- 1/2 bottels (melk/tee)
• Buscopan stroop
• Sonskerm
• Ekstra troosie (bv dummy)
• Watte/kapok
• Medisyne spuit
• Vicks/zambuk
• Dettol
